4 dae gelede
Kind se dood was ‘onregverdig en onmenslik’
Hartseer: Orderick se ouers, Davidene Lucas  ~ Astrid Februarie

"WAT AAN my baba gedoen was, was onmenslik en onregverdig!"

Sò sê Davidene Lucas ter verswarring van vonnis in die saak van haar kind se veroordeelde moordenaar, Melvin Volkwyn.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het tydens die voorvonnis-verrigtinge gehoor wat die impak van Orderick Lucas se moord op sy ma en haar familie het.

Volkwyn is laasmaand skuldig bevind aan die moord op die baba seuntjie in Maart 2019.

Orderick was laas in die oggendure van 25 Maart 2019 in die sorg van Volkwyn nog lewend gesien.

Sy lyk is 8 dae later in 'n drein naby sy ouma se huis in Eersterivier gevind.

Regter Nolundi Nyati het in haar uitspraak gesê dat Orderick laas lewend in die teenwoordigheid van Volkwyn gesien was.

In haar verklaring sê Orderick se ma, Davidene, dat sy het nie verwag om haar baba van 22 maande op so 'n wyse te verloor nie.

"Ek het uitgesien na die dag wat hy creche toe kan gaan en ook aftercare met sy broers.

"Hy sou voorwaar 'n baie mooi kind gewees het as hy vandag nog gelewe het."

Lees meer oor die voorvonnis-verrigtinge Woensdag in Son Koerant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters