7 dae gelede
Kind herstel nadat hy in kruisvuur beland
Kind (5) wat in bende se kruisvuur beland herstel
Kind (5) wat in bende se kruisvuur beland herstel in hospitaal.  ~ verskaf

'N VYFJARIGE kind herstel in die hospitaal nadat hy in die kruisvuur beland het van ‘n skietvoorval wat tot die dood van die notorious Kaapse bendeleier Ernie “Lastig” Solomon gelei het.  

Solomon is Vrydag in Boksburg in Gauteng afgemaai toe hy in 'n koeëlreën beland het.  

Volgens die polisie het die aanvallers sy voertuig van agter gestamp voordat hulle op hom losgebrand het. Drie ander mense, onder wie die kind, is kritiek gewond.   

Na verneem word was die voormalige leier van die 28's-bende agter sy BMW se stuurwiel toe hy  aangeval is.   

Kay Makhubele, ‘n polisiewoordvoerder, sê: “Die polisie het 'n manhunt van stapel gestuur vir die mense wat na bewering op vier slagoffers in ‘n BMW geskiet het.

Die polisie doen 'n beroep op enige iemand wat inligting het om na vore te kom. ” - EWN 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters