Verlede maand
Killers 'sak soos hiënas toe' op bejaarde
Nicole Geldenhuys, Romeo Hendricks, Enrico Malherbe en André Coetzee in die hof. Foto: Edrea du Toit/Netwerk24  ~ 

DIE meesterbrein agter die moord van die 81-jarige Marie Verwey, 'n Stellenbosse gastehuis-eienaar, is Vrydag as wreed en gevoelloos beskryf toe sy en haar medebeskuldigdes lang vonnisse in die Kaapse hooggeregshof opgelê is.

Nicole Geldenhuys is lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op Verwey.

Haar medebeskuldigdes Romeo Hendricks het 28 jaar vir die klag van moord gekry en Enrico Malherbe en Andre Coetzee elk 23 jaar.

Regter Mushtak Parker sê Nicole Geldenhuys het opgetree soos iemand sonder 'n siel of gewete.

"Sy het eenvoudig weggestap en die oorledene agterlaat asof sy nutteloos was - iets wat iemand nie eens aan 'n troeteldier sal doen nie," sê hy

"Sy het niks gedoen om die barbaarsheid van die aanval op Verwey in haar huis stop te sit nie en het vrolik agterna die juwele gaan verkoop."

Parker het die verdediging se verweer, dat Geldenhuys dalk aan 'n persoonlikheidsversteuring ly, verwerp en gesê sy en haar medebeskuldigdes het soos 'n trop hiënas op Verwey toegesak en haar vir dood agtergelaat nadat sy 68 keer gesteek is. 

Geldenhuys, haar boyfriend Hendricks, Malherbe en Coetzee, is in 2017 skuldig bevind aan die moord op Verwey en dat hulle haar van R700 000 se juwele en persoonlike items beroof het.

Geldenhuys is 15 jaar tronkstraf opgele vir die klag van roof met verswarende omstandighede. Haar medebeskuldigdes het elk 12 jaar hiervoor gekry.- News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters