11 dae gelede
Killers gepos
tragedie ná familiekuier: Abduraghmaan Petersen is verlede jaar op Eid in Hanover Park doodgeskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

TWEE gangsters van Hanover Park is vir lewenslank tjoekie toe gestuur.

Rushin Martinus (25) en Shameeg Nel (23) is verlede week elkeen 25 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op die 40-jarige Abduraghmaan Petersen.

Martinus het boonop verjaar toe hy en sy tjommie in die Wynbergse streekhof hoor wat vir hulle voorlê.

Petersen is verlede jaar op Eid in Turfburg Walk, Hanover Park, voor sy swanger dogter se huis afgemaai.

Afgevuur

Hy en sy vrou was op pad terug huis toe nadat hulle by die dogter gekuier het.

Hulle het nog in sy ma, Bahia, se blou Opel Corsa gesit toe jongens tot by hulle motor loop.

Een van die mans het die ruit aan die bestuurder se kant stukkend geskiet en daarna verskeie skote in die kar afgevuur.

moet lank sit: Rushin Mar­tinus het life gekry.
selle boot: Shameeg Nel het ook 25 jaar gekry.
weggeruk: Die gangsters wat Petersen doodgeskiet het, is onlangs gevonnis.Foto’S verskaf

Petersen is verskeie kere in die kop getref en is op die toneel dood.

Sy vrou is nie raak geskiet nie. Sy het weghardloop.

Bahia (56) het die vonnis ver­welkom. Sy sê: “Ek voel nog baie hartseer.

“Vir enige ma is dit ’n pyn wat nie weggaan nie.

“Hulle het heeltyd on­skuldig gepleit.

“My skoondogter was in die motor en het hulle gesien.

“Sy ken hulle en het in die hof getuig.”

Volgens Bahia was dit ’n beplande moord.

Sy voel Martinus en Nel verdien hierdie swaar straf omdat hulle nie die waarheid wou praat nie.

Eric Ntabazalila van die nasionale vervolgingsgesag het bevestig die twee mans is verlede Vrydag lewens­lange tronkstraf opgelê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters