Verlede maand
‘Killer’ speel mal
Genoeg is genoeg: Die gemeenskap voel magteloos onder die aanhoudende vlaag van moorde.  ~ Jonathan Lestrade

PANGARKER speel nou mal.

Volgens ’n ingeligte het Moyhdian Pangarker die mal-kaart gespeel nadat hy Vrydag in die Goodwood Landdroshof verskyn het.

Pangarker het sy verskyning in dié landdroshof gemaak met opgeswelde arms en het sy hemp oor sy kop getrek en omtrent oor sy beserings gekla.

Die 54-jarige beweer dat die cops hom geslaan het.

Gister was daar steeds baie mense wat in en uit Tazne se ouerhuis gestap het – almal met ’n boodskap van simpatie.

Die ouers wou egter nie gister met Son praat nie. So asof hulle stil geraak het in hulle verdriet en verdrink in die oorweldigende aandag wat op hulle gevestig is.

Die gemeenskappe is met woede gevul. Half magteloos verdruk deur die geweld, maar ook vinnig oorgehaal tot aksie, soos dit Vrydag die geval was.

Pangarker se naam het landwyd opspraak gemaak ná klein Tazne van Wyk (8) se verdwyning.

Haar lyk is verlede week buite Worcester in ’n stormwaterpyp gekry.

Terwyl die drama en tragedie hom ontvou het rondom nóg ’n kind wat verdwyn het en vermoor is, het gemeenskappe soos ’n tydbom begin tik van woede.

Dit het Vrydag tot ’n uitbarsting gelei vóór, terwyl- en ná die hofverrigtinge waarin Pangarker nou die mal-kaart trek.

Ná Pangarker se eerste verskyning op ’n klag van ontvoering verlede week in die Cradock-hof is hy Kaapstad toe vervoer. Dis toe dat hy die uitlating gemaak het.

Hy het ’n lang misdaadrekord wat sover terug as 1981 strek.

In die vieslike lys is onder meer moord, motordiefstal, aanranding, huisbraak, strafbare manslag en kinderverwaarlosing.

Volgens Chris Nissen, provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, moet iemand op parool deur toetse gaan.

Hy verduidelik: “Om op parool vrygelaat te word, moet jy deur ’n gesondheids- en psigiatriese assessering gaan.

“Hy’t dit natuurlik geslaag. So, hoekom hy nou die kaart speel, verstaan ek nie.

“Vir die ouers is die pyn nog baie rou. So, as ek hy was, sou ek net vir my daad opgestaan en verantwoordelikheid gevat het.”

Vrydag in die hof kon Tyrone Manuel, Tazne se uncle, nie sy emosies inhou toe hy Pangarker sien nie.

Woorde soos “p**s” en “n**i” is in die beskuldigde se rigting geslinger.

Manuel sê: “Ek wou net weet hoekom. Hoekom ons kind? Dan steek hy nog sy gesig weg!”

Buite die hof wou ondersteuners ’n laaste kykie na Pangarker kry, maar toe dit nie gebeur nie, het hulle besluit om lekker-huisies in Parow tot stilstand te dwing.

’n Skare van oor die 1 000 mense het na die gebied gegaan waar Tazne na be­wering aangehou is kort ná haar verdwyning.

Drie huise is gebrand en nog ’n huis is beskadig.

Dink

’n Antie verduidelik dat sy die skare ondersteun omdat sy siek van die misdaad op die Vlakte is.

“Dit kon my kind wees wat hulle hier aangehou het.

“Hoekom kon hulle ook nie vir hulleself dink om die kind na ’n polisiestasie te vat nie?

“Nou lê sy in ’n morgue. So, ek staan by die mense.”

Pangarker het intussen by ’n hospitaal ’n J88-vorm gaan kry sodat sy beserings aangeteken en bevestig kan word.

Hy moet op 17 April weer in die hof verskyn.

  • Voorlopige begrafnisreëlings is vir Tazne getref. Dit sal die komende Saterdag 10:00 uit die VGK in Halt Road, Elsiesrivier, plaasvind.
Genoeg is genoeg: Die gemeenskap voel magteloos onder die aanhoudende vlaag van moorde.
Hang hom: Mense het buite die hof betoog teen die borgtog van Pangarker en wil hê die doodstraf moet teruggebring word.
Wanorde: Die hofsaal is so vol dat party mense op mekaar se skote gesit het.
Versterking: Sommige van die betogers in Parow het seker gemaak hulle sal hulle dors kan les.
Jaag: Die cops is hier op ’n wild goose chase.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters