Verlede maand
Killer se geestesgesondheid bevraagteken
Nadine Esterhuizen
Lovers: Corrine Jackson (agter) en Nadine Esterhuizen voor die tragiese steekvoorval wat Esterhuizen dood gelaat het.  ~ Verskaf

DAAR hang 'n vraagteken rondom die geestesgesondheid van Corine Jackson.

Jackson loop hof vir die moord op haar eks-verloofde Nadine Esterhuizen, wie in September 2017 vermoor is.

Esterhuizen is na bewering deur Jackson met 'n Samuri-swaard doodgeslem.

Die saak, wat al langer as vier jaar op die hofrol is, het talle geskok toe Jackson voorheen aan die hof genoem het van 'n stryery tussen haar en Esterhuizen. Jakcson het toe ook genoem dat sy haar verloofde uit selfverdediging 21 keer gesteek het.

Haar saak word die afgelope ruk omtrent uitgestel, omdat Jackson aanhoudend regsverteenwoordigers verander. Sy was ook teen einde 2019 op borgtog vrygelaat.

Jackson het voorheen haarself as 'n emosionele-chick beskryf, wat medikasie gebruik om haar gemoedstoestand te kalmeer.

Sy het ook erken dat sy uitbarstings gehad het en 'n sielkundige daaroor sien.

Jackson is wel deur 'n distriksgeneesheer die groelig gegee om tehoor et word.

Laasjaar het sy versuim om vir 'n hofverskyning op te daag en is 'n dagvaring uitgereik.

Net toe die hof weer moes sit vir die saak, na talle uitstallings die afgelope maande, is beslis dat Jackson vir sielkundige waarneming moet gaan. Sy sal nou op 29 September weer vir evaluering gestuur word.

Die saak sal na die evaluering hervat word. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters