13 dae gelede
Kilian track Kinnear "wettig"
zane kilian,kinnear
RISIKO: Die saak is vroeër die week uitgestel om 'n ander hof te kry, waar Kilian se borgaansoek gehoor sal word. FOTO: Verskaf  ~ 

ZANE Kilian is 'n geregistreerde private speurder en as deel van sy werk mag hy mense track.

Met die woorde het sy lawyer, Eric Breyer, Vrydagoggend met sy derde hofverskyning in die Bishop Lavis-landroshof probeer om 'n stokkie voor die staat se saak teen Kilian te gooi.

Kilian loop hof vir die moord op lt.kol Charl Kinnear. 

Kinnear, 'n top cop van die polisie se eenheid teen bende-bedrywighede (AGU), is op 18 September voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet.

Kilian het ten tyde van Kinnear se dood sy selfoon getrack. Die staat voer aan dis hoe sy killer geweet het hoe laat hy my die huis sou wees.

Kilian is in Springs gearresteer.

Maar Breyer sê: "Hy het nie die sneller getrek nie. Ook het hy nie gehelp om 'n moord te beplan nie.

"Sy werk is om mense te track. Dit is uiteengesit in sy sertifikaat en sy profiel," het hy gesê voor hy die dokumente as bewyse by die hof ingedien het.

Greg Wolmerans, vir die staat, het geen beswaar aangeteken vir die inhandiging van die dokumente nie.

Die saak is vroeër die week uitgestel vir die hof om 'n ander hof te kry, waar Kilian se borgaansoek gehoor sal word. 

Volgens die amptenare hou die hof in Bishop Lavis 'n veiligheidsrisiko in.

Die kwessie is egter nog nie opgelos nie en Kilian sal volgende week weer in die Bishop Lavis-landroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters