Verlede maand
Kilian maak statement in hof
kilian
Zane Kilian het Donderdag 'n silent statement aan die hof gestuur met sy design.  ~ Foto Verskaf

DIT blyk of Zane Kilian se talente nie net tot die ping van selfone en rugby beperk is nie, maar dat hy ook 'n kunstenaar is.

Kilian het Donderdagoggend hofgangers blootgestel aan sy art talent toe hy heel spontaan sy navyblou top tydens hofverrigtinge uitgetrek het.

Onder die top het hy ’n wit T-shirt aangehad waarop woorde soos “not guilty", "framed" en "scapegoat” geskryf is.

Kilian loop hof vir die moord op lt.kol Charl Kinnear. Hy het Donderdag in die Bellville-landdroshof verskyn waar hy om borgtog aansoek gedoen het. 

Kinnear se weduwee, Nicolette Kinnear, het ook die hofverrigtinge bygewoon. Sy sê toe sy Kilian se artwork sien, het sy aan ’n hele paar ander woorde gedink wat sy op die T-shirt sou skryf.  

Kilian is sover die enigste beskuldigde in die moord van Kinnear. Kinnear, ’n bobaasspeurder vir die polisie se eenheid teen bendes, is in September verlede jaar voor sy huis in ’n sluipmoordaanval dood. 

Die saak is weer volgende Donderdag in die hof. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters