12 dae gelede
Kiesers soek verandering in Parkwood
INWONER: Mitchell de la Cruz woon al ’n leeftyd in Parkwood en sê hy sien min veranderinge.  ~ 

EENDEWEER en lang rye het die Parkwood-inwoners nie afgesit om hulle stem te laat hoor nie.

Verskillende redes waarom hulle vote, het uit die hoed gespring.

Vir Mitchell de la Cruz gaan sy stem om verandering in sy gemeenskap. “Ek vote en hoop vir ? beter toekoms en veiligheid vir my kinders.”

De la Cruz sê vir langer as 30 jaar is daar in Parkwood niks gedoen om die mense se lewe te verbeter nie.

“Hier is te veel gangsterism en geen protection nie. Ons wil hê die Human Rights Commission moet met ons kom praat.”

De la Cruz stem ook vir beter behuising vir die inwoners.

“Hier is korrupsie en dis waarom ons nog nie veranderinge gesien het nie.

“Ek woon in ’n council-huis vir 35 jaar en my dak lek en niks word gedoen nie.

“Dit is net die huise voor in die pad wat jy kan sien wat geverf word. Soos window dressing,” sê De la Cruz.

Salomie Cronjé se stem slaan ’n oktaaf hoër toe sy sê: “Ek vote, want ek kan nie bekostig dat my vote vir die ANC gaan nie! Die DA en ANC maak net leë beloftes en dan doen hulle boggherol.”

Nog ’n inwoner wat haarself net as Louise voorstel, woon al 22 jaar in Parkwood en sy vote ook vir verandering.

As backyard dwellers het hulle ten minste al eie toilette, kragbokse en ’n bietjie verf. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters