24 dae gelede
Kids smile weer
HOOP: Rehanni is een van die kinders wat by die projek benefit.FOTO’S VERSKAF  ~ 

DIS 10 jaar dat die Smile Foundation en die Tygerberg-hospitaal kinders weer help glimlag.

Die pharmaceutical company Adcock Ingram is dié week die borg van die hospitaal, waar operasies op kinders uitgevoer word.

Die foundation help sedert 2008 om oudpres. Nelson Mandela se idee om kinders te help, te laat waar word.

Altesame 20 kinders van plekke soos Clanwilliam, Tulbagh en Robertson ondergaan dié week operasies.

“Die afgelope 10 jaar het ons ’n sterk band gevorm tussen die Smile Foundation en die Tygerberg-hospitaal,” sê die waarnemende hoof van plastic surgery en rekonstruksie, dr. Alexander Zühlke.

“Talle kids se lewe het verbeter. Plastic surgery en dokters wat rekonstruksies doen, het ook opleiding gekry.”

Rehanni (9 maande) van Stellenbosch is een van die kinders wat gehelp is.

Sy is gebore met ’n defek in die skedel.

Prof. Frank Graewe, ’n plastic­ surgeon en rekonstruksie-dokter, sê in sommige gevalle sal surgeons aan die skedel van kids werk.

“Kinders is baie selfbewus en dit kan tot spanning lei.

“Buiten dit kan drukking op die brein ook lei tot kliniese simptome, soos chroniese hoofpyn.”

Moira Gerszt, die Smile Foundation se operasionele uitvoerende direkteur, sê Rehanni­ se operasie is baie belangrik en sal haar lewe en dié van haar gesin vir altyd verander.

“Dis tien jaar later en dit is goed om te sien dat ons kan help om ’n verskil in kinders se lewe te maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters