2 maande gelede
Kids by vermoorde ma se liggaam gekry
 ~ 

TWEE jong kinders is vanoggend by hul ma se liggaam gevind binne ‘n huis in Strand.

Die een maand oue meisie en vier jaar oue seun is deur polisielede in die huis in Asanda Village gevind.

Sers. Noloyiso Rwexana, ‘n polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die polisie is deur ‘n oplettende gemeenskapslid in kennis gestel.

“Met die polisie se aankoms by die huis het hulle die ma se liggaam gevind. Haar linkerbeen was afgekap.”

Rwexana sê die polisie het reeds die vrou se boyfriend gearresteer. Hy is ook die pa van die kinders.

Die 30-jarige man sal binnekort in die Strand-landdroshof verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters