4 maande gelede
Kid vir foon dood
moordtoneel: Inwoners kyk toe terwyl nooddienswerkers saamdrom nadat Dwayne Witbooi (18) Woensdag helder oordag in Ravensmead doodgelem is.Foto’s: FACEBOOK  ~ 

DIE familie van ’n tiener van Ravensmead gaan ’n hartseer-Kersfees hê nadat hy Woensdag helder oordag vir sy selfoon doodgelem is.

Dwayne Witbooi (18) is in De la Reyweg met ’n mes gesteek.

Die voorval het 16:15 gebeur nadat jongens hom van sy selfoon wou beroof.

Opgedaag

Die jongens het hom van die nabygeleë Engen-garage gejaag en hom drie keer gesteek – in die kop, maag en bors.

Hy het nog ’n rukkie daarna gelewe, maar het beswyk voordat paramedici opgedaag het.

Witbooi, wat sokker en rugby gespeel het, is van Delft, maar het by vriende in Ravensmead gebly.

Niemand is nog gearresteer nie en ’n moordsaak is geopen.

  • In nog ’n voorval is ’n 17-jarige seun van Ottery in ’n bende-skietery gewond.

Die kind, wat volgende jaar matriek toe gaan, is in die hospitaal opgeneem. Hy was gistermiddag nog in ’n stabiele toestand.

Die tienerseun is in die mond getref en die koeël het agter in sy nek vasgeslaan.

Die voorval het by Skyline Court in die Marble-woonstelle gebeur.

Die Mongrels en die Yuru Cats het op mekaar geskiet toe die dwaalkoeël die seun getref het.

Niemand is nog gearresteer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters