Verlede maand
Kid (11) getuig oor Jeremiah
biologiese pa: Baba Jeremiah Ruiters se dad, Wesley Timm. Foto’s:PETER ABRAHAMS  ~ 

’N VREEMDE kalmte het gister oor die leë banke in hof 15 gehang.

Dit was toe die moordbeskuldigde Abigail Ruiters se oudste dogter, Kiana (11), in die hof verskyn het.

Die jong meisie is die oudste suster van baba Jeremiah Ruiters, wat op 17 maande ’n pynlike dood gesterf het.

Dit was die eerste keer in maande dat Ruiters haar dogter sien.

Kiana en haar suster, Zara, woon sedert hulle ma in hegtenis geneem en hulle broertjie dood is, by hulle pa, Wesley Timm.

Timm is die pa van Ruiters se drie kinders – Kiana, Zara en die vermoorde Jeremiah­.

Hy het buite die hof gesê sy dogters vaar goed en Kiana is ’n baie sterk meisie. Timm het toe weer na die hof teruggekeer.

Timm en Ruiters was 12 jaar in ’n verhouding voordat dit in Maart 2015 tot ’n einde gekom het.

Timm het getuig sy ouers het hom ingelig oor Jeremiah se dood.

Klein Kiana het gister in camera getuig omdat sy ’n minderjarige kind is.

Dit beteken ingevolge die Kinderwet is die publiek en pers gister nie toegelaat om die proses in die hof te volg nie.

Haar ma, Abigail, en Ameerudien Peters staan tereg vir die moord op klein Jeremiah en die mishandeling van Kiana en haar jonger sussie.

Die 17 maande oue seuntjie is op 12 Junie 2017 in die kliniek in Factreton dood verklaar.

Dit was kort nadat Peters met hom daar opgedaag het.

Dis onduidelik tot wanneer die meisietjie sal getuig of oor hoeveel hofdae sy ondervra sal word.

Die hofsaak is tot Maandag uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters