2 maande gelede
Kerse teen koeëls
uitgehaal: ’n Rasta is in Woodlands doodgeskiet.Foto: LEON KNIPE  ~ 

SES mense is binne 48 uur in Mitchells Plain afgemaai.

Twee mense is Dinsdag doodgeskiet en nog vier mense Woensdag in af­sonderlike voorvalle.

Die gevalle is almal bendeverwant.

Esvon Thomas en Lucian Webbs is Dinsdag dood.

Woensdag omstreeks 17:45 is Israphile Adonis (19) by die Promenade taxirank in ’n Quantum-taxi doodgeskiet.

Deon Matthews (28) van Lentegeur en nog ’n passasier is in die voorval ernstig gewond.

Vier mans met balaklawas het op die mans in die taxi losgebrand.

Woensdagaand is ’n Rasta dood en ’n ander man ernstig gewond­ toe die Yakkie-bende en die Fancy Boys in Woodlands op mekaar geskiet het.

’n Vermeende Yakkie-bendelid, Mohamed Yusuf (30), is dieselfde aand koelbloedig doodgeskiet.

Die voorval het omstreeks 20:00 in Grysbokweg gebeur.

Woensdagaand het die Mafia-bendelid bekend as Rompie (25) in Tafelsig onder skoot gekom.

einde van die pad: Mohamed Yusuf is een van vele mense wat Woensdag omgekom het in die voortslepende bendegeweld.Foto: FACEBOOK

Die aanval het in Grotto Crescent gebeur. Rompie is op die toneel dood.

Drie skoolkinders is ook tot dusver gewond in die voortslepende bende­geweld.

Dit is konflik tussen die Yakkies en die Fancy Boys in Lentegeur wat so skade aanrig.

Gisteroggend is nog twee mans gewond. Die voorval het in Viooltjiestraat in Lentegeur plaasgevind. Die mans is met ’n ambulans na die hospitaal geneem.

  • Inwoners van Mitchells Plain beoog om vandag tussen 07:00 en 08:00 langs Hans Aschernborn- en Morgensterweg ’n kersliggedenkdiens te hou.

Byron de Villiers doen beroep op kerkleiers en gemeenskapsorganisasies om standpunt in te neem teen die bendegeweld.

De Villiers is voorsitter van die polisiërings­forum in Lentegeur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters