Verlede maand
Kerklede rou nadat ongeluk couple eis
DOOD: Charleen en Ig­shaan Sauls het in ’n motorongeluk gesterf.  ~ Foto Verskaf

DIE VGK-gemeente in die Strand is in rou gedompel ná die dood van die Sauls-egpaar wat Saterdagaand op die N2 naby Macassar in ’n gru-ongeluk gesterf het.

Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 23:15 plaasgevind.

Igshaan (44) en sy vrou, Charleen (41), was op pad na hul huis in die Strand toe hul motor trompop teen ’n ander voertuig gebots het.

Die egpaar se motor het aan die brand geslaan. Hulle is glo onherkenbaar verbrand. Die bestuurder van die ander voertuig is ook in die ongeluk dood.

DNS-toetse sal die identiteit van die slagoffers moet bevestig.

Getroue

Die persoon in die ander motor was glo ’n tronkbewaarder (34).

Son verneem dié motor het na bewering aan die verkeerde kant van die pad gery.

Gemeentelede van die VGK het gister aan Son gesê die Saulse was baie betrokke in die gemeente. Igshaan se hande het vir niks verkeerd gestaan wanneer daar iets by die kerk gedoen moet word nie.

Hy was baie lief vir koorsang en was ’n getroue lid van die kerkkoor.

Die egpaar laat hul vyf kinders agter.

Mense met inligting of ooggetuies word versoek om sers. Mari Baron by 021 857 7122 te bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters