7 dae gelede
Kerk trek sinners
DIEFWERING: Jacob Theunis, opsigter van die Evangeliese Lutherse Kerk, sê die sinkplate is om voornemende inbrekers te ontmoedig.  ~ Peter Abrahams

DIE Evangeliese Lutherse Kerk in Ravensmead soek hulp ná ’n reeks inbrake waarin groot skade aangerig is.

Die opsigter van die kerk, Jacob Theunis, vertel aan Son die inbrake verlede jaar het die kerk erg geruk.

“Ons sukkel om alles reg te kry en vra hulp voordat ons weer kan kerk hou,” sê Theunis.

“Ons is nie seker wanneer ons weer die kerk kan gebruik nie of wanneer dienste ná die lockdown weer gehou sal word nie.”

Theunis vertel ná die inbrake verlede jaar het hulle sinkplate voor die ruite opgesit om die diewe te keer.

Hy vertel hulle het afskortings voor vensters binne in die voorportaal van die kerk gesit om te keer dat die diewe inkom.

“In die badkamer is die wasbakke gebreek en krane gesteel en kabels is uitgehaal. Groot skade is aangerig,” sê hy.

Volgens hom is die dak ook beskadig en dit reën nou in.

“Gelukkig kon hulle nie in die kerk self inkom nie,” sê Theunis.

Ingekruip

TOEGANG: ’n Dak is soos ’n deur vir ’n inbreker. Foto: Abrahams

Hy vertel by die pastorie is ook ingebreek.

“Hulle het onder die hek by die deur ingekruip en deur die dak tot in die pastorie gekom.

“Elektriese drade is uit die dak getrek en die plafonne is gebreek. Krane is gesteel en wasbakke is gebreek om die krane te kry.

“Ons het bereken dat minstens R30 000 se skade aangerig is. Ons vra hulp en soek geld om alles reg te maak.

“Ons wil graag burglar bars voor die vensters sit. Die fluorescent ligte is gesteel en die plafon is uitgeruk.”

Theunis sê hulle wil eers die dak regmaak voordat hulle weer die plafon kan insit.

Hy sê die eerste inbraak was al in Februarie 2019 – en die skurke het daarna nóg vyf keer teruggekom.

Mense wat die kerk wil help, kan Theunis bel by 078 016 3735 of past. Margareth Vilander kontak by 063 482 2096.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters