5 maande gelede
Kerk in brand verwoes

Dit was soos die hel toe ’n kerk in ‘n brand verwoes is.

Die Maitland-gemeenskapskerk, voorheen bekend as die NG Kerk Maitland, se kerkgebou is gisteraand in pyn gelê.

Ds Riaan de Villiers van die Groote Kerk in Kaapstad skryf op Facebook: “die hoeksteen van die kerkgebou in Voortrekkerweg is op 15 Mei 1903 gelê en die gebou is in Junie 1904 ingewy as wykskerk van die Groote Kerk.

“Die gemeente, wie se gebou 114 jaar oud is, het in 1912 afgestig van die Groote Kerk.”

De Villiers noem verder die dak, kansel, banke en gallery was hoofsaaklik van hout en is binne minute in pyn gelê.

“Dit is 'n hartseer en vernietigende slag vir hierdie geloofsgemeenskap wat die afgelope paar jaar 'n veilige hawe vir weerlose en hawelose mense in die gemeenskap geword het.” 

Ds. Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Kerk se algemene sinode, sê op sosiale media hul harte gaan uit aan die Maitland gemeente.

“Die kerkgebou was altyd ‘n toonbeeld van hul toewyding en liefde, maar ook ‘n tuiste, ‘n plek wat liefde en genade vergestald het.” 

https://www.facebook.com/riaandev/videos/10161243189700029/
https://www.facebook.com/riaandev/videos/10161243831435029/

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters