Verlede maand
‘Keer dat hy ons bly terroriseer’
Fernando Isaacs  ~ Foto Verskaf

INWONERS van Bonteheuwel het gister buite die Goodwood-landdroshof betoog teen bail vir die man wat daarvan beskuldig word dat hy ’n vrou van Bonteheuwel vermoor het.

Juis nou in die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders krap dit inwoners selfs meer om dat sulke sinnelose moorde steeds plaasvind.

Fernando Isaacs het gister weer vlugtig in die hof verskyn vir die moord op Lauren Dryden.

Dryden is meer as ’n week gelede buite haar werksplek in Epping koelbloedig doodgeskiet.

Beroof

Sy het van nagskof af gekom en vir ’n Uber gewag om haar huis toe te neem.

Die beskuldigde het haar na bewering genader, haar van haar selfoon beroof en daarna doodgeskiet.

Briesende inwoners het gisteroggend met plakkate buite die hof teen borgtog vir die beskuldigde betoog.

Lede van die Bonteheuwel se Wyk 50, wat aan die DA behoort, tesame met lede van die Bonteheuwel Walk­ing Ladies en die Jill Fer­nandez Foundation het aan die betoging deelgeneem.

Volgens Angus McKenzie, raadslid in Bonteheuwel, gaan hulle die saak opvolg totdat geregtigheid vir Dryden geskied.

BETOOG: Inwoners van Bonteheuwel gister by die hof.

McKenzie het gesê: “Ons doen dit vir al die ander slagoffers wat deur die regstelsel gefaal is.

“Dit is ’n geleentheid vir die regstelsel om die publiek se vertroue in hom te herstel.”

Terroriseer

McKenzie het bygevoeg: “Die verdagte is ’n gewoontemisdadiger.

“Die nasionale vervolgingsgesag kan hom nie toelaat om met sy dade voort te gaan en die gemeenskap van Bonteheuwel te terroriseer nie.”

Isaacs het aangedui dat hy van regshulp gebruik gaan maak, asook dat hy om borgtog wil aansoek doen.

Die moordsaak is daarna uitgestel vir die aansoek om borgtog.

Die beskuldigde sal vandag weer in die hof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters