Verlede maand
Karwag verjaag oor twis
VERKEERDE DRAAI: Mogamat Engelbrecht sê al wat hy wil hê, is om sy werk terug te kry.  ~ Jonathan Lestrade

“HULLE het nie net my job weg van my gevat nie, maar ook die kos uit my kinders se monde gehaal.”

Reeds 10 jaar het Mogamat Engelbrecht (50) as ’n car guard by die Bishop Lavis- winkelsentrum gewerk, maar twee weke voor Easter het sy lewe ’n nare wending gevat.

“Toe ek 10 jaar gelede die geleentheid raakgesien het om as ’n self-employed car guard te werk, het ek dit gegryp.

“Van daai dag af was die parking lot al wat ek geken het. Ek het karre opgepas en mense tot by hul voertuie gehelp.

“Almal ken my, want ek het seker gemaak dat daar nie probleme kom nie.”

Engelbrecht vertel alles het glad geloop totdat daar ’n nuwe sekerheidsmaatskappy by die sentrum begin werk het. ’n Voorval het hom toe sy job gekos, maar hy glo dat hy onregverdig van die perseel weggewys is.

“So twee weke gelede het ek by ’n winkel ingeloop terwyl die eienaar se dogter daar was. Sy het gevra dat ek moet uitgaan en dat ek nie vir kos moet aanklop nie.

“Toe raak ek kwaad, want ek het nie daai gedoen nie.

“Die volgende dag het die security my weggejaag omdat ek glo die vrou lelik uitgevloek het, maar ek het nie. Ek het net gesê sy moet nie sh*t praat nie.”

Hy skop nou teen die karre omdat hy glo die sekerheidsmaatskappy probeer hom wegwerk.

“Ek werk nie eens vir hulle nie. Ek het nie ’n kontrak geteken nie, maar hulle skors my en wil ’n disciplinary hearing hou.

“Alles terwyl my kinders sonder kos moet sit. Ons lewe swaar.

“Ek moes die hele Easter vir ’n stukkie brood bedel. My kinders moes soos verlore hondjies ander kinders dophou! Dit breek my!”

Engelbrecht sê al wat hy wil hê, is dat hy weer sy geld eerlik kan verdien.

“Hulle moet ophou om my naam deur die modder te sleep dat ek gesteel en die vrou aangerand het.

“Ek is moedeloos en wil net vir my kinders werk.”

Die sekerheidsbestuurder wat hom as Dirk van Wyk geïdentifiseer het, het aan Son bevestig dat Engelbrecht wel nie vir hulle werk nie, maar hulle het hom weggewys om erger situasies te vermy.

“Hy is ingelig om nie terug te kom nie totdat die situasie uitgesorteer word. Wat as die winkeleienaar hom in die hande kry en hom aanrand?

“Dan word dit óns probleem. Ons volg net die regte stappe.”

Les

Van Wyk sê hy is nie bewus van enige hearing nie en sal ondersoek instel.

Intussen vertel Hamied Pretorius, die winkeleienaar waar die voorval plaasgevind het, dat hy bereid is om Engelbrecht tegemoet te kom, maar hy sê die karwag moet ook sy les leer.

“Ek meen nie in ’n violent manier nie, maar hy moet verantwoordelikheid vat omdat hy my dogter verbally abuse het. Ek het empatie vir sy kinders, maar hy moet ook nie victim speel nie.

“Al wat ek wil hê, is dat van my winkel af moet wegbly­.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters