Verlede jaar
Kalmte kom nie
uitdagend: Die betogers speel gister weer kat en muis met die cops.Foto’s: Jonathan Lestrade  ~ 

CHRIS Nissen het gister probeer om kalmte in Parkwood te bring.

Maar hy was skaars weg, toe vlam die optog weer op.

Ná die vergadering moes die verkeersdienste die paaie weer sluit toe betogers motors op die M5 met klippe bestook het.

Nissen, ’n kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, het aan Parkwood se inwoners gesê die kommissie se mandaat is om mense te beskerm.

Hy het gesê: “Ons moet die situasie monitor. Ons wil die situasie stabiliseer en kalmte bring.

“Mense met klagtes moet dit indien. Ons sal alle klagtes opvolg.

“Ons sal dan probeer om ’n oplossing te kry en ook met die owerhede gesels.

“Die beste ding om te doen, is om die openbare beskermer die saak te laat ondersoek.”

Dominique Booysen, die leier van die Backyarders Association, het op die vergadering aan Nissen gesê hoe die gemeenskap voel.

Booysen sê Parkwood se inwoners wag al langer as 30 jaar vir huise en daaroor raak hulle nou ongeduldig.

Booysen het bygevoeg: “Ek stem nie heeltemal saam met die geweld tydens die optog nie, maar wat staan ons mense te doen?

“Ons is mense wat stem, maar ons sien nie die mense vir wie ons stem nie.

“Die rede hoekom ons mense betoog, is sodat hulle die boodskap aan die Stad Kaapstad kan oordra dat hier ’n ernstige behuisingsnood bestaan.”

Booysen vertel toe ook aan Nissen hoe sleg die cops hom behandel het.

Volgens Booysen was hy nog besig om met die inwoners te vergader toe hy in die gesig geskiet is.

Booysen vertel: “Ek was op pad na die commander, toe sê hy ek moet ‘uit die pad f*k’ en hy is nie hier vir my nie. Die vroue het in vrede na hulle gekom.

“Een van hulle is kaal uitgetrek en geslaan. Die kinders is ook geslaan.

Ingetrek

“Daar was geen violence nie, toe begin skiet die cops op ons mense.”

Sandra Phillips ’n gemeenskapswerker, sê sy het destyds onwettig in ’n huis ingetrek nadat sy byna 20 jaar vir ’n huis gewag het.

Sy vaar uit: “Wat nóú gebeur, moes nooit gebeur het nie.

“Dis korrupte mense wat die waglys beheer.

“Ons bruin mense bly net in hokke. Ons vroue gaan gebukkend, want ons weet nie of ons kom of gaan nie.

“Ons word ons menseregte ontneem.

“Dis reg wat ons mense nou doen!”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters