16 dae gelede
Kaapstadse landdroshof toe oor corona
Die Kaapstad landdroshof is die naweek onstmet
Die Kaapstadse landdroshof is die naweek onstmet  ~ Foto Verskaf

DIE landdroshof in Kaapstad het Maandag met ’n skeleton skof ge-operate en net noodsaaklike sake aangehoor. 

Dit kom na ’n hofklerk by die hof positief getoets is vir Covid-19 en die hele hof Sondag ontsmet moes word. 

Die hof se deure is egter Maandagoggend vir ’n wyle oopgestel om sake, wat nie kon oorstaan aan te hoor.

Een van die sake is dié van William Booth se vermeende aanvallers. Kauthar Brown (35), Ebrahim Deare (36), Riyaad Gesant (32), Kim Smith (32) en Igsaan Williams (57) het vlugtig verskyn vir die aanval op die plaaslike bekende criminal lawyer. 

Booth, het op 9 April ’n sluip-aanval op sy lewe oorleef, het Son vroeër berig.

Hy was in sy garage by sy huis in Higgovale, in Kaapstad, toe twee gewapende mans met maskers - wat bedoel is om jou teen Covid-19 te beskerm - op hom begin losbrand. Booth het agter die wiel van sy vrou se kar gesit toe daar op hom geskiet word.

Die vyftal is op CCTV kameras se footage uitgelig. Hulle loop hof vir klagtes van poging tot moord, besit van vuurwapen en vyf klagtes wat gepaardgaan met die oortreding van die Rampbestuurwet. Die saak is soos al die ander wat aangehoor is, tot Vrydag uitgestel.

Die hof deure is voor middagete  toegemaak. Dit is nog nie seker wanneer die hof weer in volle werking gaan wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters