13 dae gelede
KYK: Kaapse advokaat afgemaai
Advocate Vernon Jantjies
Adv. Vernon Jantjies  ~ Facebook

'N KAAPSE advokaat is Sondagaand by ‘n vulstasie in Mitchells Plain in ‘n beweerde hit doodgeskiet.

Adv. Vernon Jantjies (54) is om 21:40 geskiet toe hy by die winkel van 'n vulstasie uitgekom het.

Brig. Novela Potelwa, ‘n polisiewoordvoerder, sê Jantjies is op die toneel dood.

Niemand is nog vir die moord in hegtenis geneem nie.

Jantjies se moord kom na dié van twee van Kaapstad se top lawyers in 2016 en 2018.

Adv. Noorudien Hassan is in November 2016 vermoor en adv. Pete Mihalik op 30 Oktober in 2018.

Micheal Blignaut, wat Jantjies al vir meer as 35 jaar ken, sê hy het nie woorde om te beskryf hoe hy voel nie.

Verskeie kollegas en vriende van Jantjies het ook hulle medelye sosiale media gedeel.

Enigeen met inligting word gevra om die misdaadlyn by 08600 10111 te bel. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters