Verlede maand
Kaap voel aarde bewe
GOUDMYN: Tafelberg is een van Kaapstad se top-plekke om te besoek.Foto verskaf  ~ 

DELE van Kaapstad het Sondagoggend 'n tweede aardbewing kort na 09:00 gevoel.

Op sosiale media het talle verbruikers, in veral die Bloubergstrand-omgewing, genoem hulle kon dit voel.

Dit kom ure nadat Kaapstad Saterdagaand n aardbewing ervaar het.

Saterdagaand se aardbewing het na bewering sowat 1 600 km suid-wes van Suid-Afrika op 'n diepte van tien kilometer ontstaan.

Teen laat Saterdagaand was daar geen beserings of enige skade aangemeld nie en ook geen tsoenami-waarskuwings is uitgereik nie.

Onderwyl die nasionale sentrum vir seismologie die aardbewing bevestig sê die Stad Kaapstad se rampbestuur hulle neem kennis van talle voorstede wie noem van 'n bewing.

"Die stad is ongelukkig nie in 'n posisie om kommentaar te lewer alvorens bevestiging nie van die Suid-Afrikaanse raad vir geowetenskap ontvang is nie.

Intussen bevestig die raad vir geowetenskap dat daar wel Saterdagaand omstreeks 20:41 'n aarbewing was.

In 'n verklaring sê die raad: "Die aardbewing het 'n voorlopige grootte van 2.5 geregistreer.

"Talle berugte is ontvang van inwoners wie na bewering in beweging in die tyd gevoel het. Dit blyk nie dit hou verband met die aardbewing wat omstreeks 19:10 langs die Suid-Afrikaanse kus plaasgevind het nie.

"Daar is nog geen tsoenami-waarskuwing uitgereik nie en daarom word die publiek gerusgestel dat daar geen onmiddelike bedreiging en rede vir paniek."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters