Verlede maand
Justice vir Sussie in sig
Allison Plaatjies  ~ Foto Verskaf

GEREGTIGHEID wink vir die familie en vriende van die vermoorde jong onderwyseres van Swellendam.

Allison Plaatjies se vermeende moordenaar, Philip April, het Vrydag sy eerste verskyning in die Kaapse hooggeregshof gemaak. 

April, Plaatjies se eks boyfriend, staan tereg op aanklagte van haar moord en diefstal van haar kar. 

Die staat voer aan dat hy vir Plaatjies verlede jaar op 26 Oktober by haar flat in Katjiepieringstraat in Clanwilliam vermoor het deur haar keel af te sny, en haar herhaaldelik met messe en of ander skerp voorwerpe te steek.

Volgens die klagstaat het hy daarna haar kar, 'n Huyandi i20 gesteel. 

Son het destyds berig dat Plaatjies se liggaam eers die volgende dag in 'n plas bloed ontdek is, toe sy nie op haar foon bereik kon word nie. 

Plaatjies was 'n onderwyseres by die Primêre Skool Sederberg. April (25) het ook by die skool afgelos. Hy en Plaatjies het mekaar op CPUT se Wellington-kampus ontmoet.

April het vlugtig in 'n voorverhoor verskyn. Tydens die verskyning het hy aangedui dat hy om Legal Aid gaan aansoek doen.

Die saak is tot 11 September vir die rede uitgestel. 

Die jong onderwyser se familie en vriende in Swellendam is dankbaar dat die saak nou in die hooggeregshof is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters