Verlede maand
Justice vir baba sloer
PYNLIKE EINDE: Baba Jeremiah Ruiters is vermoor.  ~ Foto Verskaf

JUSTICE sloer steeds vir baba Jeremiah Ruiters.

Die kleinding se ma, Abigail Ruiters, en haar boy­friend, Ameerudien Peters, sou na verwagting gister in die Kaapse hooggeregshof verskyn, maar die saak is toe weereens uitgestel.

Dié keer is die saak tot 17 Augustus uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

Die saak sou gister voor die hof ge­dien het nadat dit vroeër in Junie ook uitgestel is.

Die twee loop al amper twee jaar hof vir die mishandeling van en die moord op die 17 maande oue laitie.

Laas jaar is Peters skuldig bevind aan verkragting en kindermishandeling asook die moord op Ruiters se babaseuntjie nadat ontstellende getuienis oor die sadistiese mishandeling uitgekom het.

Jeremiah is op 12 Junie 2017 by sy aankoms in die Factreton-kliniek dood verklaar nadat Peters hom daarheen geneem het.

Sussies

Peters het aangevoer klein Jeremiah het ’n fit gekry. Hy’t beweer terwyl hy met die kleuter, wat in ’n jacket toegedraai was, na die kliniek gehardloop het, het hy gestruikel en bo-op Jeremiah geval.

Volgens dr. Marna du Plessis, staatspatoloog, is klein Jeremiah se dood veroorsaak deur veelvuldige be­serings aan sy liggaampie en die gevolge daarvan.

Ruiters is skuldig bevind aan kindermishandeling van haar eie babaseun. Albei is egter onskuldig bevind op die klagte van mishandeling van sy twee ouer sussies.

Die ma is intussen vrygespreek op die ander aanklagte.

Albei is tans nog in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters