13 dae gelede
Juffrou wangedra haar met 5 seuns
Fiona Viotti  ~ Facebook

FIONA Viotti het tydens haar tyd as onderwyser by Bishops in Kaapstad haar aan seksuele wangedrag skuldig gemaak met minstens vyf leerders.

Guy Pearson, die skoolhoof, sê omdat Viotti op 11 Oktober met onmiddellike ingang by Bishops bedank het, kan geen dissiplinêre stappe teen haar geneem word vir die oortredings nie.

Viotti het bedank ná aantygings dat sy 'n verhouding met 'n 18-jarge leerder aangeknoop het.

Die skool het daarna sy eie ondersoek van stapel gestuur.

Die skool sê in 'n verklaring dat Viotti verkies het om nie skriftelike voorleggings in te dien nie.

Die ondersoek het ook bevind dat daar nie met sekerheid vasgestel kon word na wie Viotti videos of pornografies foto's gestuur het wat op sosiale media versprei is nie.

Geen inligting is ook deur die ondersoekbeamptes gevind wat aandui dat die skool geweet het van die seksuele wangedrag met leerders.

Verder het hulle bevind dat Viotti Bishops se gedragskode vir personeel oortree het. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters