Verlede jaar
Juff wat klap gaan terug skool toe
San Souci
 ~ skermgreep

DIE juffrou van San Souci Girls’ High School, wat ‘n leerder in haar klas deur die gesig geklap het, keer binnekort terug.

Die skoolbeheerliggaam het besluit om Clarissa Venter 'n boete en finale skriftelike waarskuwing te gee.

Venter en die graad.9-leerder was onlangs albei geskors ná ‘n video oor die voorval viral gegaan het.

Jessica Shelver, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê Venter sal met die begin van die tweede kwartaal terug by die skool wees.

Sy sal egter steeds in die hof moet verskyn op ‘n klag van aanranding.

Die 16-jarige sal ook in die hof moet verskyn ná Venter ook ‘n klag van aanranding gele het.

Die leerder is intussen uit die skool gehaal. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters