9 dae gelede
Journo gaan nie mang nie
Janice Ohlson het tronkstraf vrygespring.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N VOORMALIGE bladuitlegkunstenaar van Son is Vrydag gevonnis nadat sy en ’n medebeskuldigde ’n pleit­ooreenkoms met die staat aangegaan het.

Janice Ohlson en Munier Abrahams is Vrydag in die Kaapse streekhof gestraf vir 140 klagte van bedrog.

Ohlson het effektief ’n 36 maande opgeskorte vonnis gekry en drie jaar korrektiewe toesig.

Hendricks op sy beurt is ’n drie jaar opgeskorte vonnis opgelê, met 18 maande onder korrektiewe toesig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters