2 maande gelede
Jonges oorleef nie die naweek
puin: Dertien shacks is afgebrand. Foto: IAN BAARD  ~ 

DIE Helderberg het ’n swart naweek beleef waarin nog twee mense weens bende­geweld dood is.

Volgens die polisiewoordvoerder kapt. FC van Wyk is twee mans (25 en 47 jaar) in hegtenis geneem vir moord op ‘n 19-jarige man.

Hy is Sondag 10:50 in Chris Nissen Park met ’n mes doodgesteek.

Nog drie mense is ernstig beseer in die voorval.

Hulle is in die hospitaal opgeneem.

Die twee verdagtes sal binnekort in die landdroshof in Somerset-Wes verskyn op aanklag van moord.

Volgens Van Wyk het 13 shacks afgebrand nadat lede van die gemeenskap ’n smokkelhuis aan die brand gesteek het. Mense het alles in die brand verloor.

Die Rusthof-woongebied was die naweek ook allesbehalwe rustig. Die SOS- en Terrible Joster-bende het teen mekaar baklei.

Vrydag om 22:45 is daar is oor en weer geskiet oor Boundary Road en Liberty- en Webbstraat. Ashley Nock (20) het in die voorval omgekom.

Toe die polisie op die toneel opdaag, het Nock op die grond gelê. Hy het ’n koeëlwond aan die kop gehad en was reeds dood. Niemand is al vir die voorval in hegtenis geneem nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters