14 dae gelede
Jonge Tau kry bail
VERLIG: Die skoolkind Karabo Tau het gister gehoor sy kry bail.  ~ Peter Abrahams

DAAR was trane van blydskap toe die vermeende baba-ontvoerder Karabo Tau op R2 000 borgtog vrygelaat is.

Tau is al sedert 23 Januarie agter tralies nadat sy ge­arresteer is.

Haar Facebook boyfriend, Ely Kibunda, wat meer as ’n week ná haar gearresteer is, is ook Woensdag vrygelaat nadat die saak teen hom voorlopig teruggetrek is.

Buitekant die Bellville Landdroshof het die gemoedere hoog geloop toe Tau vrygelaat is.

Die ontvoerde baba, Kwohlelwo Tiwane, se ondersteuners en Tau s’n moes deur die cops gekeer word om nie mekaar te vermorsel soos die vorige dag nie.

Tau moes ook vir haar veiligheid by ’n geheime deur uitgelaat word.

Tau se prokureur, Suleiman Chothia, het Woensdag in betoë gesê die staat het nie eintlik ’n saak teen Tau nie.

Volgens Suleiman is die staat se saak gebou op emosies.

Hy voer aan: “Daar is ’n public outcry oor daar ’n kind missing is.

“My kliënt was by die skool toe die kind verdwyn het.

“Selfs die ondersoekbeampte het getuig sy kollega het aan hom gesê die skool het bevestig dat sy wel in die skool was.

“Hy het dit nie opgevolg nie.

“Wat vir hom belangrik was, was die feit dat hulle ’n verdagte gearresteer het.

“Ek wil graag weet hoe my kliënt met die saak gelink word?

“Hulle sê sy het erken dat sy die kind gevat het.

“Hoekom het hulle haar nie na ’n landdros geneem om ’n bekentenis te maak nie?”

ERGE STRYERY: Betogers daag mekaar voor die hof uit met verskillende opinies.

Chothia het verder gesê sy kliënt moet op borgtog vrygelaat word, aangesien sy nog nooit by kriminele aktiwiteite betrokke was nie.

Hy sê: “Sy is nog nooit gearresteer nie.

“Sy was nog nooit voorheen in ’n polisiestasie nie.

“Sy is deur die polisie om die bos gelei om ’n verklaring te maak.

“Hulle het haar belowe sy sal so spoedig moontlik vrygelaat word.

“As ons na die saak kyk, sal ons sien dat dit nie die eerste keer is dat ’n persoon geforseer is om ’n verklaring te gee nie.”

ORDE: Cops hou gister ’n wakende oog sodat dinge nie weer handuit ruk nie.

Die landdros, Charles Scott, het sommer onmiddellik sy beslissing gemaak.

Scott het gesê die aansoek het reeds lank genoeg gesloer weens verskeie faktore, soos load shedding.

Hy’t gesê die saak is ’n tragedie.

Scott het bygevoeg dat dit in die belang van geregtigheid sal wees om Tau op borgtog vry te laat, aangesien die staat nie kon bewys dat sy haar borgtogvoorwaardes sal verbreek nie.

Die saak is tot 7 April uitgestel vir nader ondersoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters