Verlede maand
Jong vrou sterf op toneel nadat bus haar tref
OMGESTAMP: Die owerhede neem die vrou se lyk gister weg.  ~ Leon Knipe

’N VROU (30) is gister dood nadat ’n MyCiTi-bus haar getref het.

Die ongeluk het rondom 08:00 in Potsdamweg, Table View, gebeur. Sy’s op die toneel dood.

Volgens die Stad Kaapstad se mayco-lid vir vervoer, Felicity Purchase, het die voetganger die pad oorgesteek sonder om te kyk.

“Ons probeer altyd ongelukke vermy. Soms loop mense oor die rooi lyn vir die busse en veroorsaak ’n ongeluk. Dis ook vir die bestuurders baie traumaties.”

Sers. Noloyiso Rwe­xana, polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek ’n saak van strafbare manslag ná gister se voorval.

In Augustus 2019 het ’n MyCiTi-bus ’n vrou (30) in Otto du Plessis-rylaan in Milnerton getref. Die onderwyseres van die Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand, is op die toneel dood.

’n Paar maande daarna het ’n MyCiTi-bus ’n 20-jarige man van Milnerton omgestamp.

Dié voorval het gebeur nie ver van waar die onderwyseres getref is nie. Hy was lank in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

In 2015 het ’n MyCiTi-bus ’n vrou (45) van Table View getref. Sy het ses dae later beswyk.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters