14 dae gelede
Jong vrou ná rape dood
lyk: Omstanders speculate oor wat met Lindsay Opperman gebeur het.Foto’s: Peter Abrahams  ~ 

’N JONG vrou is gister dood kort nadat sy verkrag is.

Die halfnaakte lyk van Lindsay Opperman, in haar twintigs, is op ’n oop stuk veld tussen Woodlands en Morgens Village in Mitchells Plain gevind.

Fatima Gayer (48) het op Opperman afgekom en sê sy het nog geleef en het mooi Engels gepraat.

Volgens Gayer, ’n lid van die Woodlands-buurtwag, het die slagoffer omtrent 15 minute met haar gesels voordat sy dood is.

Gayer sê haar eerste vraag aan die vrou was of sy geslaan of gesteek is. Sy het nee geantwoord.

Gayer wou toe weet wat gebeur het.

Sy sê Opperman het toe vertel: “Die man het my agtervolg. Hy het my in die bosse gesleep en my verkrag. Hy het ’n rooi top en rooi skoene aan.”

Gayer sê Opperman het toe “in ’n state van skok” gegaan.

“Sy het gesê sy kan nie haar bene voel nie en dit kry koud. Sy het ook hard asemgehaal.”

Haar laaste wens was om Gayer se hand vas te hou.

Gayer het in daai stadium hulp gaan soek en die victim by twee vroue gelos.

Toe sy terugkeer, was Opperman dood.

Lt.kol Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig geen arrestasies is gemaak nie.

Van die omstanders op die toneel het gesê hulle wil die bosse weg hê.

Hulle beskryf dit as die “bos van onheil”.

Lillian Boltman, die ma van die vermiste Raymonde Boltman, was ook op die toneel.

lindsay oppermanfoto verskaf
laaste stem: Fatima Gayer sê sy het Opperman se hand vasgehou voor sy dood is.

Raymonde, van Woodlands, het omtrent twee jaar gelede in die Lentegeur-gebied verdwyn.

Volgens Lillian het sy gister na die toneel gehardloop toe sy van die lyk gehoor het omdat sy gedog het dis Raymonde.

“Ek het nog hoop dat sy gevind gaan word. Dis ’n groot bos. So, ’n mens weet eintlik nooit nie. Miskien lê my kind se body hier.”

Dis dieselfde bos waar die lyk van Bradley Fredericks sowat twee maande gelede opgegrawe is.

Fredericks (41) het in Orpheus­straat, Woodlands, gewoon.

Fredericks se huurder het na bewering mense gekry om hom dood te maak en sy liggaam op dié veld te dump.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters