Verlede maand
Jong vrou in ou kar doodgeskiet
Toneel: Shumeez Ismail is in dié kar doodgeskiet.  ~ Verskaf

’N JONG vrou is onder raaiselagtige omstandige dood­geskiet nadat sy in die vroeë oggendure­ van Ottery na Hanover­ Park gegaan het.

Shumeez Ismail van Ottery is na haar dood gelok toe sy ’n oproep ontvang het om Hanover Park toe te gaan.

Só sê ’n betroubare persoon wat Sondagoggend op die toneel was.

Volgens dié informant het Ismail saam met mense in ’n stukkende kar in John­down Walk gesit toe sy twee keer geskiet is.

Tik

Sy is geskiet deur ’n persoon wat saam met haar in die ongebruikte motor gesit het.

Volgens die informant het mense in die gemeenskap gesê hulle het tik in die ongebruikte motorvoertuig gerook.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig ’n vrou (21) is Sondag omstreeks 05:30 in Johndown Walk, Hanover Park, doodgeskiet.

Volgens Van Wyk het sy agter in die kar gesit toe sy geskiet is.

Hy verduidelik: “Die verdagte het van die toneel gevlug en moet nog gearresteer word. Die omstandighede word ondersoek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters