16 dae gelede
Jong victims word vereer
TAFELSIG ONTHOU: Huldeblyke vir Stacha Arendse, wat nou ’n tiener sou gewees het.  ~ Peter Abrahams

VERMOORDE kinders moet onthou word.

Dís die beroep wat lede van die Tafelsig-gemeenskap en die organisasie Mosadie Gives Back maak.

Stacha Arendse, wie se moord destyds opspraak gewek het, sou Dinsdag 15 jaar oud geword het as sy nog geleef het.

Randy Tango is in 2017 in die Kaapse hooggeregshof tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis­ vir die verkragting van en moord op Stacha.

Om haar en ander vermoorde kinders te herdenk en te onthou, het Mosadie Gives Back verskillende­ aktiwiteite gereël. Mosadie Gives Back bestaan al drie jaar lank.

’n Blommekrans is gelê op die plek waar klein Stacha se lyk gevind is.

Shanaaz Dramat, stigter van Mosadie Gives Back, vertel: “Ons doen ’n beroep op die gemeenskap en regering om die vlaag van kindermoorde stop te sit.”

Daar is ook kos en kospakkies aan sowat 1 500 kinders en ouers uit­gedeel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters