Verlede maand
Jong pa sterf
eis beteres: Inwoners van The Hague in Delft betoog gister met plakkate omdat hulle ontevrede is met die nuwe huise wat gebou is.  ~ 

ONTSTOKE inwoners van The Hague beweer die nuwe huise waarin hulle woon, is “death traps”.

Hulle skel so omdat daar steeds nie elektrisiteit in die huise is nie.

Mawethu Davids se lyk is gisteroggend in sy huis in Spitfire Circle gevind.

Davids (36) het langs sy kooi gelê.

Sy bolyf was kaal. Hy het ’n kortbroek aangehad.

Een van die inwoners het die huis se deur oopgetrap nadat rook by die voordeur uitgekom het.

Volgens Jonathan Jooste, een van die inwoners, was die huis onder rook. Die boonste gedeelte van die yskas het gebrand.

Daar word vermoed die olielamp wat op die yskas gestaan het, het omgeval.

Die rook het Davids vermoedelik oorval terwyl hy geslaap het.

Volgens sy ma, Lily Mayekiso (60), het hy saam sy girlfriend daar gewoon, maar hy het die laaste paar maande alleen gewoon.

Die pa van vier kinders was werkloos.

Hy het voorheen as ’n sekuriteitswag gewerk.

Betoog

Omgekrapte inwoners het gister gekla oor die huise waarin hulle nou al die afgelope nege maande woon, nie krag het nie.

Hulle beweer van die nuwe huise het al afgebrand en twee mense het reeds omgekom.

Die inwoners het met plakkate betoog.

Hulle blameer die Stad Kaapstad oor daar nog nie krag in die huise is nie.

Jooste het gister gesê: “Ons woon al amper ’n jaar in die huise en nog steeds is daar niks krag nie. Die Stad Kaapstad beloof net elke keer hulle gaan krag insit.

“Die krag sou Juniemaand al ingesit gewees het, maar ons wag dan nou nog.

“Die mense maak in die huise vuur omdat hulle nie krag het nie.

“ ’n Man het al doodgebrand en ’n drie maande oue baba is ook al in een van die huise dood – weens rookinaseming.”

Volgens Malusi Booi, mayco-lid vir behuising, het die inwoners by die huise ingetrek nog voordat elektrisiteit geïnstalleer kon word.

Hulle was haastig omdat die betrokke huise gevandaliseer is.

Booi het gesê: “Eskom sal binnekort die inwoners se krag installeer.

“Hulle is aangesê om versigtig te wees wanneer hulle kerse of paraffien in hulle huis gebruik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters