2 maande gelede
Jong moet kid uitlos – ouma
hartseer: Die ouma is baie bekommerd oor haar pragtige kleinkind. Foto’s: jonathan lestrade  ~ 
bekyk: Die ouma se soektog lei haar na die boyfriend se huis.
hartseer: Die ouma is baie bekommerd oor haar pragtige kleinkind. Foto’s: jonathan lestrade

’N OUMA blameer haar tikkopdogter nadat haar kleindogter in die kloue van ’n middeljarige berk beland het.

Dié ouma van Freedom Park in Ottery is raadop en soek dringend hulp vir haar kleindogter.

Sy het so ver gegaan as om ’n interdik teen haar kleindogter (13) se berk te kry, maar hoor is min.

Sy en die berk het in April in die hof verskyn.

Sy sê die interdik beveel dat hy toegesluit kan word sou hy kontak met haar kleindogter maak.

Maar sy verklap die kleindogter het nou glad by die man se hok ingetrek en selfs die cops kan haar nie help nie.

“Toe ek die eerste keer na haar gaan soek, het ek haar op die jong se skoot in sy hok kry sit. Sy het geweier om huis toe te kom.”

Volgens haar het die kind amper nooit by die huis geslaap nie. Toe sy haar dogter vra waar die kind is, het sy net gesê die kind slaap in haar hok.

“Ek het altyd vir haar gevra hoekom sy die kind nie hier laat slaap nie.

“Min te weet die kind het al die tyd by daai jong geslaap.”

Volgens die ouma kom haar kleinkind net huis toe wanneer sy honger is.

Toe Son die kleinkind by die hok gaan soek, het sy weggekruip.

Sy het die joernaliste lelik uitgevloek.

Haar woorde was “Is julle djars? Vir wat soek julle vir my? Julle ma se p**s.”

Volgens die ouma was sy al by die Lansdowne-polisie, maar dit het nie veel gehelp nie.

Die meisie het vir die cops weggehardloop toe hulle daar aankom.

“Al wat ek wil hê, is dat die jong opgesluit moet word sodat sy terug skool toe kan gaan.

“Wat gaan nou van haar toekoms word?

“Sy gaan mos nie weer terug skool toe as sy by hom bly nie.”

Die meisie se ma, en nog minder die boyfriend, was gister by hul woonplekke.

Son was al twee keer by albei se huise, maar kon nie een van hulle opspoor nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters