2 maande gelede
Jong én ou man vas oor lollery
 ~ 

’N SNOTNEUSLAITIE mang omdat hy verdink word van die verkragting van drie 10-jarige seuntjies.

Die 16-jarige verdagte verskyn môre weer in die Blue Downs-landdroshof op klagte van verkragting.

Die seuntjies se ouers en nog gemeenskapslede beplan om buite die hof teen borgtog vir die beskuldigde te betoog.

Die bewering is dat die klong die seuntjies verlede Donderdag by ’n vlei in Wesbank verkrag het en hulle gedwing om sy penis te suig.

Gedreig

Een van die seuntjies se mammie het met trane in haar oë vertel haar kind is erg getraumatiseer en toon nou selfmoordneigings.

Die mammie sê: “Ons het die dag van die beach af gekom. My seuntjie het by sy twee maatjies gaan speel.

“Twee van die seuntjies het later by die huis aangekom en vertel wat die klong met hulle aangevang het.

“Hy het die kinders met ’n hond gedreig. Hulle moes met sy penis speel en hom afsuig. Daarna het hy hulle gesodomiseer.

“Die kinders moes glo ook met die hond se penis speel en dit suig.

“Hy is ’n siek klong. Ons het hom voor sy ouers gekonfronteer. Hy het gedreig hy gaan ons laat vrek maak.

“Die seuntjies is by die Karl Bremer-hospitaal onder­soek. Daar is bevind hulle is verkrag.”

Volgens die ouers is die klong dieselfde aand ge­arresteer.

Hy is in die Mfuleni-tronkselle aangehou omdat daar nie vir hom by die Bosasa-jeugsentrum plek was nie.

Hy is Maandag na Bonnytoun geneem.

Volgens die ander mammie was haar seuntjie se anus geskeur en dit het gebloei.

Die mammie sê: “Hy het die kinders weggelok en met die hond gedreig. Ek voel baie seergemaak.

“Hy is nog so jonk en weet nie wat seks is nie. Ons soek hom nie in die gemeenskap nie.”

Lorna Frieslaar, voor­sitter van die polisiërings­forum in Mfuleni, sê hulle kan nie sulke dade in die gemeenskap toelaat nie.

  • Intussen het ’n 66-jarige man gister in Mitchells Plain in die landdroshof verskyn weens die beweerde molestering van 18 seuns van 9 tot 12 jaar oud.

Die kinders is oor ’n tydperk misbruik en is dwelms en geld gegee vir seks.

Die beskuldigde is van Grassy Park.

Hy is Maandag in hegtenis geneem. Hy moet op Dinsdag 29 Januarie weer in die hof verskyn. Die beskuldigde bly in aanhouding.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters