12 dae gelede
'Jeug moet euwels help aanspreek'
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.  ~ Argief

DIE minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het tydens die bekendstelling van die regering-tot-regering-program ’n beroep op die jeug gedoen om saam met die regering te werk om sosiale euwels in die land aan te spreek.

Die program is daarop gemik om sosiale gedragsverandering onder jong mense aan te moedig. Die fondse word deur die Amerikaanse regering beskikbaar gestel.

Die projek wil ook help om jongmense tussen die ouderdomme van 10 en 24 jaar bewus te maak om ingeligte besluite oor hul lewens te neem, al is omstandighede hoe moeilik.

Zulu sê die doelwit is om ’n samewerkende benadering te hê om jongmense se uitdagings op te los.

“Die vennootskap tussen die departement van maatskaplike ontwikkeling en Amerika moet nie net fokus op ekonomiese voordele wat in die vorm van finansiering kom nie.

“Ons vennootskap moet gehandhaaf word met die behoefte om gedragsverandering onder ons mense te bring,” het Zulu bygevoeg. - EWN

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters