10 dae gelede
Inwoners wil ook army hê
MISDAADSTRYD: Die metro cops op die toneel in Parkwood waar verbygangers op ’n vermeende gangster se lyk in ’n veld afgekom het.Foto: FACEBOOK  ~ 

DIE lyk van ’n man is gister in Parkwood op ’n oop veld gekry.

Verbygangers het omstreeks 04:40 op die 25-jarige man se lyk in Parkwood-laan afgekom.

Hy het verskeie skietwonde gehad. Die man se bebloede lyk het op ’n oop veld naby die M5-snelweg gelê.

Dit kom ’n dag nadat ’n 36-jarige man ook in Parkwood koelbloedig doodgeskiet is. Hy is in die nek geskiet en is op die toneel dood.

Die jongste slagoffer, ’n vermeende gangster wat na verneem word aan die American-bende behoort het, is na bewering deur sy eie makkers afgehaal.

Volgens past. Paul Phillips, gemeenskapsleier in Parkwood, is die inwoners bekommerd oor die skietery en voel hulle nie veilig nie.

Phillips sê: “Ons is ook ’n red zone, maar daar word nie ekstra cops in ons gebied ontplooi nie.

“Die gangsters maak misbruik van die situasie en die skietery gaan net aan.

Verbind

“Alle areas waar die bendeskietery hoogty vier, moet deur die anti-bende-eenheid en weermag gedek word.”

Volgens Siyabulela Malo, polisiewoordvoerder, is niemand nog vir die moorde gearresteer nie. Dis nog onduidelik of die twee moorde met mekaar verbind kan word. Die cops is nog besig om leidrade op te volg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters