Verlede maand
Inwoners raak kort van draad
GESKOK: Nadine Jansen kan steeds nie glo wat sy gesien het nie.  ~ Jonathan Lestrade

HY’T sexy vroue-onderklere van ’n wasgoeddraad af gesteel.

Twee weke later raak dié panty pirate toe braaf genoeg om daarin te gaan paradeer.

Maar toe die mense hom jaag, het hy weggehol en onder ’n buurvrou se kooi gaan wegkruip – met ’n stokstywe move en al.

Juis oor dáái toestand waarin hy onder die kooi gevind is, sien hy toe so amper sy gat.

Verontwaardigde inwoners vertel die G-string-dief het al stringe lingerie-diefstalle op sy kapstok.

Maar toe kry hy Vrydag sy dag toe hy in sy jongste lingerie uitgevang word.

Nadine Jansen (30) van Lentegeur vertel gister hoe hulle Vrydagaand nog lekker buite gesit en gesels het toe haar suster iemand in ’n rooi rokkerigheid sien.

Jansen sê toe hulle vir die vrou in die rok soek, het hulle niemand gesien nie en gedog dis moontlik ’n spook wat buite dwaal.

Min te wete was dié rooirok-bokkie geen spook nie, maar ’n mens van vlees en bloed.

Jansen sê toe hulle in hulle vriendin se huis ingaan om te groet, het haar suster se man iemand se sokkies onder die vriend se kooi sien uitsteek.

Slap

“Hy het onmiddellik die kooi opgelig en merk toe die man op wat homself daar wegsteek.

Jansen beskryf: “Hy het swart-en-rooi lingerie aangehad. Ons vra hom toe nou wat hy dan onder die kooi soek.

“Hy kom toe uit met so ’n slap verskoning dat hy van ’n lingerie-paartie gekom het en dat hy oor die muur gegooi is en hom toe maar eerder gaan wegsteek het.”

Maar die verontwaardigde inwoners het nie vir dié slap verskoning geval nie.

Jansen sê: “Ons het hom sopnat gegooi en weer gevra wat hy daar doen. Ons het opgedruk dat hy moet antwoord waar hy aan die klere kom en waar sy eie klere is.

“Hy het na die jaart gewys.”

Jansen sê wat hulle moere laat strip het, is om te sien dat die jong met ’n stokstywe meneer in die eina-klein rooi nightie in ’n G-string was.

Verontwaardig voeg Janse by: “Dit wys hy’s siek, want daar het kinders op daai bed gelê en hulle was in hulle bathers. So, hoekom was hy so styf? Het hy hulle dop­gehou of wat?

“Dit het almal ontstel en ons het onmiddellik die kinders gevra of hulle oukei is.”

Sy sê hulle het later uitgevind die lingerie behoort aan een van hulle neighbours. Dié sê dit het van die wasgoedlyn af verdwyn.

“Sy’t ons van ’n blou-en-swart paar vertel wat ook van die lyn gesteel is.

“Die onderklere was haar bachelorette-geskenke.”

Wat die gemeenskap diep moerig maak, is dat die jong glo as cleaner by die plaaslike swembad werk.

Jansen se ma, Catherine, sê sy het haar siek bekommer oor die kinders se veiligheid.

“Wie sê hy het nie ’n siek mind nie?”

Intussen het die man nog nie weer by sy job uitgestiek nie. Die vrou aan wie die lingerie behoort, het ook nog nie ’n saak teen die man gemaak nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters