12 dae gelede
Inwoners moet sê oor Ghandi-standbeeld
Mohandas Gandhi
Inwoners kan nou hul menings gee oor die versoek vir 'n Mahatma Gandhi-standbeeld.  ~ getty images

DIE Stad Kaapstad soek inwoners se mening oor 'n voorstel om 'n lewensgrootte standbeeld van Mahatma Gandhi in die Kaapse sakekern op te rig. 

Zahid Badroodien, mayco-lid belas met gemeenskapsdienste en gesondheid, sê die Indiese regering, wat die standbeeld wil skenk, het voorgestel dat dit op 2 Oktober in Heerengracht opgerig word.

Dit is om die 150ste herdenking van Gandhi se geboorte te vier.

Belangstellende partye kry nou die geleentheid om kommentaar, voorstelle en insette aan die munisipaliteit te stuur.

Badroodien sê die Stad wil alle inwoners die geleentheid gee om insette oor die proses te lewer.

Die proses vir openbare deelname is van 15 tot 26 Julie.

Besoek die Stad se webwerf om details van die standbeeld te sien.

Kommentaar kan ook aan artsand.culture@capetown.co.za gestuur word.

Geskrewe submissies kan gestuur word aan die Arts and Culture Branch op die eerste vloer van die Good Hope subraad-gebou. 

Kontak Zandile Mahlasela by 021 400 5501 of zandile.mahlasela@capetown.gov.za vir verdere inligting


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters