7 dae gelede
Inwoners kry blyplek ná brand
5000 mense is dakloos gelaat na die brand in Masip
Duisende mense is dakloos gelaat na die brand in Masiphumelele.  ~ Argief

DIE minister van behuising, Lindiwe Sisulu, sê meer as 800 tydelike wooneenhede is aan slagoffers van ’n verwoestende brand in Masiphumele naby Vishoek in Kaapstad toegeken.

In Desember verlede jaar, ’n paar dae voor Kersfees, is meer as 6 000 mense dakloos gelaat toe 1 000 strukture in ’n brand verwoes is. Die gebied is vroeër vanjaar tot ’n plaaslike rampgebied verklaar.

Sisulu sê sy is in kennis gestel dat die 800 tydelike wooneenhede toegeken is met ’n verdere 18 wat teen die einde van die week verwag word.

Die behuisingsontwikkelingsagentskap het ook belowe om R32 miljoen beskikbaar te stel vir die tydelike behuisingstrukture, water- en sanitasiegeriewe.

Sisulu sê die sportveld wat tans deur sommige van die brandslagoffers beset word, is ’n tydelike maatreël en hulle sal gerehabiliteer word.- SABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters