2 maande gelede
Inwoners hou strate veilig
saamstaan: Inwoners van Commodorestraat in Bayview, Strandfontein, wil ’n verandering maak.Foto: Fu’ad Rahman  ~ 

INWONERS van Commo­dorestraat in Bayview, Strandfontein, is op ’n mission om misdaad in hulle buurt te stuit.

Hulle het Sondagaand vergader oor die misdaad in hulle gebied.

Japie Thompson, ’n inwoner, sê: “Twee skurke het Sondagoggend vroeg by my garage ingebreek en weggehol met verf en ander goed.

“Die bure het hulle gesien en die polisie gebel. Die polisie het hulle gevang en opgesluit vir inbraak.

“Die polisie het my goed terugbesorg.”

’n Groep is op die been gebring sodat inwoners kan saamstaan teen misdaad.

Uitgeskud

Gavin Mafikeng, die woordvoerder van die groep, sê: “Ons het reeds patrollies in ons straat begin. Ons probeer om dit deur die nag en dag te doen.

“Die onbekende skurke wat hier rondloop, gaan uitgeskud word en as ons enige wapens by hulle kry, sal ons ’n citizen’s arrest doen.”

Inwoners hier vra ook ander in hulle omgewing om by straatpatrollies betrokke te raak.

Nog ’n vergadering word va­naand 19:00 op die hoek van Commodore- en Good Hope-straat in Bayview gehou.

  • Inwoners wat meer inligting soek, kan die organiseerders by 084 719 2978 bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters