4 dae gelede
Inwoners eis landdroste se koppe
Inwoners het buite die Atlantis-landdroshof betoog teen twee landdroste.  ~ Foto ter illustrasie: Son

ATLANTIS. - Daar was Donderdag groot drama by die plaaslike landdroshof toe betogers daarop aangedring het dat twee landdroste verwyder moet word.

Inwoners het ’n duidelike ultimatum aan die departement van justisie gegee: maak skoon, of ons kom maak self skoon.

Met die begin van die 16 dae veldtog teen geslagsgeweld teen vroue en kinders het die Survivors Haven Foundation (SHF) die vreedsame betoging buite die Atlantis-hof gereël.

Met plakkate wat lees “Sekspes landdros moet waai”, “Jy moet ons beskerm nie bevoel”, en “Hoekom laat jy moordenaars vry?”  het die gemeenskap geëis dat die waarnemende hooflanddros en ’n kontrak-landdros summier uit die gemeenskap verwyder moet word.

Lees volledige berig in 26 November se Son.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters