20 dae gelede
Inwoner eis antwoorde by mayor
dan plato,stad kaapstad
HOTSPOT: Mayor Dan Plato in Ocean View op patrollie.  ~ Stad Kaapstad

ANTWOORDE... Dis al wat hy gesoek het.

Sò vertel die inwoner van Ocean View wie aan die begin van die langnaweek in 'n onderonsie met Dan Plato, mayor van die Stad Kaapstad, betrokke geraak het.

In 'n video wat soos 'n veldbrand op sosiale media versprei het word Aslam Richards deur polisiebeamptes weggetrek. Dit kort nadat hy bors-teen-bors met die mayor gestaan het.

Plato was in die omgewing waar hy verlede Vrydag saam met onder meer lede van die gemeenskapspolisiëringsforum en buurtwaglede in verskeie misdaad hotspots rondgeloop het.

Richards vertel hy wou die mayor konfronteer oor 'n memorandum wat 'n tyd gelede al aan hom oorhandig is. 

"Ek het hom gevra of daar 'n afspraak vir ons vergadering is en hy het my net gesê om stil te bly." 

Richards wou toe weet is daar dan geen reaksie as dat hy net moet stil bly nie.

"Dis toe die burgemeester omdraai en hande op my lê. Hy het toe kwaad geword en in my rigting geloop en ek het hom weggestoot, maar Plato het sy vinger in my gesig gedruk," voeg Richards by. 

Hy noem die gemeenskap soek net antwoorde by die burgemeester oor die Dido-vallei grond, wat deur die stad vir behuising beskikbaar gemaak is.

In reaksie op navrae oor die voorval bevestig Plato se woordvoerder, Greg Warner, dat die eerste burger in die gebied was op patrolle met die buurtwag en wetstoepassingsagentskappe.

Geen melding word egter gemaak van die voorval nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters