13 dae gelede
Inmates se kiekies wys glo slanery
EINA! Die hale oor ’n ou se rug waar hy gelooi is, is hier sigbaar.  ~ Foto Verskaf

AL HET die departement van korrektiewe dienste (DKD) ontken inmates van Malmesbury is ná hul groot escape aangerand, het die inmates met “bewyse” na vore gekom.

Sowat 70 verhoorafwagtende inmates het laas Vrydag ná ’n vergadering met die bewaarders uit die Malmes­bury-gevangenis ontsnap. Toe die vergadering glo nie na die inmates se sin verloop nie, het hulle die bewaarders oorval.

Die inmates wat na be­wering aangerand is, het via die sosiale media foto’s uitgelek wat hale oor hul rûe wys. Hul klere lyk ook bebloed.

Regte

In ’n berig wat gister in Son verskyn het, het een van die inmates in ’n voice note vertel hoe die bewaarders hul koppe oopgekloof het.

Singabakho Nxumalo, ’n woordvoerder van die DKD, sê egter SA inmates ken hul regte en as hulle aangerand is, sou hulle strafregtelike klagte teen die bewaarders aanhangig kon maak.

Nxumalo het aan Son gesê: “Die departement bestuur sy sake ingevolge sy grondwetlike mandaat, wat die regte van inmates beskerm. Dis waarom alle sentrums menslike toestande moet toepas.

“In Suid-Afrika is dit ’n misdryf om ’n inmate aan te rand en ons bewaarders het in geen stadium so iets gedoen nie.

“Inmates maak dié be­werings sodat hulle in die hele sage na slagoffers kan lyk. Hulle weet hierdie sappige details sal verkoop en die media sal dit dek.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters