13 dae gelede
Inmates kla houe val pal
DRAMA: Só is gevangenes Vrydag die een ná die ander weer gevang.  ~ Jonathan Lestrade

INMATES het in ’n video en voice note laat hoor hoe bewaarders hulle na bewering in die tronk aangerand het nadat sowat 70 van hulle Vrydag ontsnap het.

In die stemboodskap sê die gevangenes die bewaarders behandel hulle soos varke en dit is hoeka die rede hoekom gevangenes Vrydag hul groot escape uit die Malmesbury-tronk gemaak het.

Een inmate pleit by sy neef dat die video en voice note asseblief viral moet gaan.

Hy sê: “My neef, jy moet vir hulle sê hoekom die mense uitgebreek het uit die tronk. O’s slaap 80 man in ’n kamer. O’s slaap 20 man op 4 beddens.

“O’s het nie social distance tussen ons’ie. O’s het Covid-19, dan word o’s gemoer!

“Die taakmag word ingeroep, dan word o’s abuse, geslaan en goete as o’s praat.

“O’s kry nie hofdatums nie en moet dit oor die fone kry.

“Ek’t nog nooit wee’ voorgekom nie. As o’s praat oor kos of die pap sonder suiker, word o’s aangerand.

“O’s kannie praat oor o’s regte nie. O’s kry nie besoeke of o’s mense kan nie geld op o’s properties sit nie, dan word o’s aangerand.

“O’s word in o’s moer geslaan. O’s koppe is al stukkend gemoer.”

Die inmate vertel voordat sy medegevangenes Vrydag ontsnap het, is daar ’n vergadering gehou. Toe die vergadering nie so goed afloop nie, het die gevangenes die sleutels by die bewaarders afgevat.

Maar die departement van korrektiewe dienste gee ’n ander weergawe.

“Die ontsnappingsvoorval is deur die gevangenes gebruik om vals aantygings teen die departement van korrektiewe dienste te bring,” sê Singa­bakho Nxumalo ’n woordvoerder van die departement.

Volgens hom is ál die bewerings onwaar. Nxumalo sê: “Van die eise wat deur die gevangenes gemaak word, kan nie toegestaan word nie oor dit onder die Covid-19-lockdown-regulasies verhoed moet word.

“Dit hou verband met besoeke en die toegang tot sigarette.

“Die bewerings van haglike omstandighede is opgemaak.

“Suid-Afrika se inmates ken hul regte en kan klagte teen bewaarders maak vir onregverdige behandeling.”

Verskonings

Nxumalo sê wat die oorbevolking in kamers betref, is dit meestal ’n probleem wat hulle in die metro-areas ondervind.

Hy sê in sulke gevalle skuif hulle gevangenes na ander fasiliteite sodat hulle sosiale distansiëring kan toepas.

Maar Nxumalo sê dit is nie altyd moontlik nie omdat die inmates met allerhande verskonings kom oor hoekom hulle nie geskuif moet word nie.

Hy sê toe hulle die video bestudeer het, het hulle agtergekom die video is nie eens in die Malmesbury-tronk opgeneem nie, maar in ’n ander fasiliteit.

Nxumalo sê hulle sal dit hul plig maak om uit te vind waar die video opgeneem is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters