11 maande gelede
‘Huistwis in DA sleg vir Stad’
grant haskinFOTO verskaf  ~ 

DIE ACDP is bekommerd oor die politieke onstabiliteit in die Stad Kaapstad.

Dit is nadat die uitvoerende burgemeester, Patricia de Lille, se party, die DA, haar vroeër dié maand geskors het.

Sy is ook aangesê om te motiveer waarom sy nie afgedank moet word nie.

Son het vroeër berig dat De Lille daarvan beskuldig is dat sy probeer het om bedrog en diefstal in die departement van vervoer toe te smeer.

Die Stad het haar en die munisipale bestuurder, Achmat Ibrahim, aangekla. ’n Onafhanklike komitee het hulle ondersoek.

Onsekerheid

Nou sê die voormalige onderburgemeester en ­leier van die ACDP in die stadsraad, Grant Haskin, dié verwikkelinge kan dienslewering raak.

Haskin meen die feit dat De Lille aangesê is om te motiveer hoekom sy nie afgedank moet word nie, wek ’n ­atmosfeer van onsekerheid in die Stad.

Hy verduidelik: “Ons voel die Stad se belastingbetalers en besighede verdien dringend uitsluitsel oor die burgemeester se lot.

“Die DA kan dit nie bekostig om die saak langer te laat sloer nie, veral nie gedurende die huidige water­krisis nie.”

Die veldtog Stop City of Cape Town (Stop CoCT) sê in ’n verklaring sy ondersteuners is gekant teen die voorgestelde muni­sipale heffing weens die waterskaarste.

Inwoners wie se huise meer as R400 000 werd is, moet dit betaal om by te dra tot die Stad se han­tering van die waterkrisis.

Kommentaar

Stop CoCT meen dis onregverdig omdat die Stad daarmee wegbeweeg van die tariewe gegrond op water­gebruik.

’n Webblad, dearcapetown.co.za, is ontwerp om inwoners se kommentaar te ontvang voordat dit aan die Stad gestuur is.

Die sperdatum vir openbare deelname aan dié kwessie, wat op 5 Desember begin het, is 21 Janu­arie.

Die nasionale woordvoerder van die DA, Phumzile van Damme, sê hulle tree op “in belang van deursigtige regering”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters