5 dae gelede
Hospitaal brand word ondersoek
SJOE: Só het die vlamme aan die gebou gelek.  ~ Peter Abrahams

DIE oorsaak van die brand Maandagaand by die Mediclinic Cape Gate­ word ondersoek.

Die brand het voor 20:00 by dié hospitaal in Kraaifontein ontstaan.

Buite het die vlamme hoog gestaan.

Video’s van die brand het blitsvinnig in die sosiale media versprei.

’n Woordvoerder van die Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdienste, Jermaine Carelse, het die brand bevestig.

Volgens Carelse het vier brandweerstasies op die brand gereageer en gehelp om die vlamme te blus.

Hy voeg by: “Brandbestryders van Kraaifontein, Durbanville, Brackenfell en Bellville is op die toneel ontplooi.

“Die eerste vloer van die hospitaal is ontruim.

“Die brand is onder beheer gekry en dit was teen 22:12 geblus.”

Volgens Carelse is niemand ernstig in die brand beseer nie.

Twee mense is op die toneel vir rookinaseming behandel.

“Die oorsaak van die brand is nog onbekend. Die geaffekteerde area moes geventileer word,” se Carelse.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters