Verlede maand
Honderde wag op Sassa-hulp
niks anders: Só het dit Vrydag alweer by Bellville se Sassa- kantoor gelyk. Foto’s: Anele Mfazwe  ~ 

DIS ’n herhaling van ’n onsmaaklike ervaring uit die verlede vir Sassa-begunstigdes.

Weer moes die mense ellelange rye buite die Bellville-kantoor trotseer.

Son het Vrydag self die chaos buite dié kantoor aanskou ná klagtes oor die trae diens wat bejaardes, gestremdes en ander beneficiaries van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap ontvang.

Gedwing

Honderde mense het buite die gebou op die hoek van Petrusastraat en Mazzurweg in die Bellville-middestad gestaan. Dit was buite duidelik dat die meerderheid nie voor die naweek geholpe sou raak nie.

Ruweida Baker van Delft sê sy is gedwing om na die Bellville-kantoor te kom, want die Sassa-kantore in Delft is gesluit. Volgens haar het sy Donderdag naby die Sassa-kantoor geslaap. Teen 14:30 was sy egter nog ver agter in die ry.

Jerome Carrins van Ravensmead sê mense, ook vroue, is genoodsaak om hul nood daar buite te verlig oor die gebrek aan toiletgeriewe.

Hy sê: “Hulle (Sassa) het ons local kantoor in Ravens­mead gesluit, maar die situasie hier in Bellville is baie sleg. Ná daai waterkanon­saga het niks verander nie!”

Hy verwys na ’n voorval in Januarie buite die Bellville-tak toe die cops begunstigdes met water­kanonne natgespuit het.

Sharna Fernan­dez, Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, sê haar kantoor probeer antwoorde kry daaroor.

Gillion Bosman, voorsitter van die Wes-Kaapse staande komitee oor maatskaplike ontwikkeling, sê: “As hierdie bewering waar is, is ek diep ontsteld. Mense is kwesbaar, honger en hulle ly.”

Hy sê dit blyk daar is geen ekstra maatreëls ingestel nie.

“Ek dink dis ’n geval van die leierskap wat besluite neem, maar amptenare het nie die vermoë en hulpbronne om die planne uit te voer nie. Die grootste probleem by Bellville is dat die kantoor ’n groot aantal mense help.

“As gemeenskapsale in Delft oop is, is die Bellville- rye hanteerbaar.”

Bosman meen dat Sassa nie die dead­line met sy backlog nagekom het nie.

“Die laaste up­date wat ons gekry het, het ’n kommerwekkende prentjie geskets.”

Son het Vrydag navraag aan Sassa gestuur, maar het tot dusver nog geen terugvoer ontvang nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters